Crestcare Malmesbury is ‘n 84-bed fasiliteit met vier moderne operasieteaters, insluitend ‘n hoë-tegnologie laminêre vloei-teater, wat toegewy is aan die lewering van uitsonderlike gesondheidsorg. Die Noodeenheid bied 24-uur mediese dienste ten einde volgehoue gesondheidsorg te verseker. Ons hospitaal is die tuiste van toonaangewende spesialiste wat ‘n wye reeks omvattende dienste op die perseel bied. In samewerking met SCP Radiologie and Pathcare Patologie verseker ons naatlose, geïntegreerde sorg vir al ons pasiënte.